NewsSchools

Robbies vang gees vir Interhoër 2016

Die Interhoër-atletiekbyeenkoms is 'n groot hoogtepunt vir Laeveldse skole en Hoërskool Rob Ferreira het Donderdag groot pret gehad tydens geesvang-aktiwiteite.

Ter voorbereiding vir die Interhoër atletiekbyeenkoms hierdie naweek het leerlinge en onderwysers van Hoërskool Rob Ferreira skoolwerk vir ‘n rukkie opsy geskuif en gisteroggend groot pret gehad.

Die geesvang-tradisie behels dat onderwysers elke jaar volgens ‘n tema aantrek, wat hierdie jaar ‘punk rockers’ was. Met swart grimering en hare wat penorent gekam is, is onderwysers een vir een geroep om voor die pawiljoen te staan.

Leerlinge moes soms kopkrap en baie mooi kyk om die begeesterde en vermomde onderwysers te herken, maar elkeen is met ‘n groot gejuig begroet.

Onderwysers is een vir een geroep om voor die pawiljoen, waar leerlinge gesit het, te verskyn.
Onderwysers is een vir een geroep om voor die pawiljoen, waar leerlinge gesit het, te verskyn.

Die Interhoër word môre by Hoërskool Lydenburg aangebied en atlete en ondersteuners gaan reeds vroegoggend aan die gang wees. Kry meer inligting hier.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button