NewsNewsSchools

Bergvlam kry tweetalige skoollied

'n Oudleerder van Hoërskool Bergvlam het Mpumalanga se beste dubbelmediumskool se skoollied verwerk om ook Engels in te sluit.

Die top-presteerende dubbelmedium hoërskool in Mpumalanga, Hoërskool Bergvlam, spog met ‘n nuwe skoollied.

Ps. Anton van Zyl, ‘n oud-leerder van die skool en pastoor by die Communio-gemeente het die bestaande Afrikaanse skoollied onlangs verwerk en vertaal sodat dit nou ook ‘n Engelse gedeelte insluit.

Anton het op 1 Februarie die skool se saalbyeenkoms bygewoon waar hy die nuwe skoollied vir die leerders geleer het. Dit was hoendervleis-oomblikke toe almal dit spontaan met ‘n gejuig begroet het. Daarna het die leerders en die personeel die skoolsaal se dak laat lig met die nuwe, verwerkte lied.

Anton het ook ‘n spesiale lied vir die skool geskryf. Met die sing hiervan was dit duidelik dat diè lied ook die Vlammie-harte gesteel het.

Die nuwe verwerkte skoollied:

Hoog teen die helling triomfantlik

Daar troon die vlam van ons Laeveld.

Toonbeeld van moed en van blye oorwinning

Werd is dit meer as roem of as geld.

Like the tree stands with beauty and pride,

Adorns our school with knowledge and insight.

Oh, what a gift from the hand of our Father,

Flame of our faith, of our love and of hope.

Koor/Chorus:

As U wil en ek leef,

As U wil en ek leef,

Bereik ek steeds die hoogste doel,

Waarna ‘n mens kan streef.

If Thy will I shall live,

If Thy will I shall live,

We will with passion in this flame,

Let knowledge revive.

Verwerking en Vertaling © 2016 Anton en Tania van Zyl

  • Lees meer:

Vlammies bederf geliefde hoof met haar verjaarsdag

Bergvlam se matrieks die tweede beste in Mpumalanga

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button