BURGERSFORT – Tydens Burgersfort Laerskool se interne redenaarskompetisie wat Maandag afgeskop het, het die skool se koor ook geleentheid gekry om voor ‘n gehoor met hul sangtalente te spog. Die groep het deur die loop van die aand die verhoog tussen toesprake betree en hul harte uitgesing.
Mnr. Dirk Engelbrecht, me. Marietjie Dirker en me. Janina Cloete, die dinamiese nuwe trio-onnies by die skool, het die koor onlangs begin afrig. “Met elke oefening verbeter hulle net. Teen die einde van die jaar gaan ons saam nuwe horisonne bereik. Dis vir ons regtig ‘n voorreg om met hierdie groep talentvolle leerders te kan werk,” vertel Engelbrecht.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
