KOMATIPOORT – ‘n Groot skaaktoernooi verlede naweek het spelers vanoor die Laeveld gelok. Die geleentheid is deur die Laeveld Skaakunie ondersteun en 138 spelers, van o/8 tot o/19 en ope-groepe, is genooi om deel te neem.
Die unie het vir die eerste keer dogter- en seunspanne laat speel om sodoende meer dogters te trek. SA Skaak verwag dat 25% van die spelers in ‘n span dogters moet wees.
Die dag was ‘n groot sukses en die algehele wenner was natuurlik skaak. Me. Marie Thiele van Komatipoort Akademie het elke deelnemer, Skaak Suid-Afrika (Chessa), sowel as kollegas wat tot die sukses van die dag bygedra het, bedank.
Die FIDE Wêreld-skaakfederasie se amptelike skaakreëls geld by elke toernooi.
UITSLAE:
O/8:
Eerste: Zander Grobler
Tweede: Ian MacDonald
Derde: Lihle Shongwe
O/10:
Eerste: Arjun Sopanam Prabha
Tweede: Nico van der Merwe
Derde: Dian van Aarde
O/8 – o/10 dogters:
Eerste: Kayla Smith
Tweede: Misha Janson
Derde: Kaylee Douglass.
