EnvironmentalHard newsLocal newsNewsNews

Losloperleeu kry dorp aan die gons

Losloperleeus het onlangs voor die groot reën op plase rondom die Kruger Nasionalewildtuin gaan verligting soek.

KOMATIPOORT – ‘n Losloperleeu in die boorde naby Komatipoort het onlangs inwoners aan die praat gehad.

Die losloperleeu wat in die boorde by Komatipoort gesien is, is deel van die Shishangenitrop.

Daar is gister aan Laevelder bevestig dat die maanhaar, wat op die plaas in Tenbosch wat deur Nico Nel bestuur word gesien is, een van ‘n paar losloperleeus is wat sowat twee weke gelede uit die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) ontsnap het. Klaarblyklik is die leeu een van die mannetjies van die bekende Shishangeni-trop.

Die goeie nuus, volgens die areabestuurder van Securicon mnr. Gerhard Coetzer, is dat hierdie losloperleeus – en veral die ou maanhaar – reeds terug in die wildtuin is danksy ‘n terugplasingoperasie wat saam met wildbewaring aangepak is.

Dit is bevestig deur mnr. Slane Blom van dieselfde maatskappy wat dit aan Laevelder bevestig het. “Ek het hom aan die anderkant van die draad gesien. Hy is beslis terug.”

Die losloperleeu wat in die boorde by Komatipoort gesien is, is deel van die Shishangenitrop.

Dit is ook verblydende nuus vir die Onderberg se mammas wat reeds op Facebook kommentaar gelewer het dat hulle kinders na die nuus van die losloperleeu nie kan slaap nie. Vroeër vanjaar was rondloperleeus ook ‘n probleem.

Mnr. Coetzer bevestig dat sulke gerugte oor losloperleeus gereeld chaos in die omgewing veroorsaak omdat dit dan juis mense na die plase lok om die leeus te siene te kry.
“Dit ontstel die boere want dit veroorsaak sekuriteitsrisiko’s.”

Mnr. Simon Siwela, bewaarder by SANParke, sê die leeu is wel deel van die Shishangeni-trop. Die leeus het twee weke gelede voor die groot reën uit die wildtuin gekom om water te soek. Hulle is verdoof en teruggeplaas in die NKW. Daar was ook welpies in die trop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Elize Parker

Elize Parker is a senior journalist with more than 25 years of experience covering especially environmental, municipal and profile articles. She writes investigative reports, profiles, social articles and consumer related articles and also does photographs and multimedia to go with these. Previously she worked as a news editor for a radio station, news reader, a magazine journalist with women’s magazines and as a column writer.
Back to top button