Local newsNewsNewsSchools
Twee CVO-leerders kraai koning by Bybelkenniskompetisie
Waterval CVO Laerskool spog met twee leerlinge wat onlangs uitgeblink het by die Beweging vir Christelike Volkseie Onderwys (BCVO) se individuele Bybelkenniskompetisie in Pretoria
BURGERSFORT – Waterval CVO Laerskool spog met twee leerlinge wat onlangs uitgeblink het by die Beweging vir Christelike Volkseie Onderwys (BCVO) se individuele Bybelkenniskompetisie in Pretoria.
Tydens die kompetisie word die leerlinge se Bybelkennis op ‘n kreatiewe en ontspanne manier uitgebrei en bevorder. Bybelonderrig is ‘n bevorderingsvak in ‘n CVO-skool, daarom word daar werklik erns gemaak om leerlinge se Bybelkennis op verskillende maniere uit te brei.
Eduan Herselman het ‘n bronsmedalje tydens die kompetisie verower en Cornelius van Antwerpen ‘n silwer. Waterval CVO se personeel en leerders is baie trots op albei wat so mooi presteer het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
