Local newsNewsNewsSchools
Burgies vier gewyde dag op vrolike wyse
Skole landwyd het verlede Donderdag Hemelvaartdag gevier. Laerskool Burgersfort het ook hul leerders die geleentheid gegee om dié gewyde dag te vier met spesiale aktiwiteite op die skool se rugbyveld
BURGERSFORT – Skole landwyd het verlede Donderdag Hemelvaartdag gevier. Laerskool Burgersfort het ook hul leerders die geleentheid gegee om dié gewyde dag te vier met spesiale aktiwiteite op die skool se rugbyveld.
Die Burgies kon persoonlike boodskappies skryf en aan pienk ballonne vasmaak wat later in die lug losgelaat is. Daar is selfs vliegduiwe vrygelaat wat bokant die rugbyveld in formaat gevlieg het terwyl die kleingoed rondgespring en gedans het.
Hemelvaartdag was ‘n besonderse ervaring vir die Burgie-leerders en personeel. Die dag verwys na die Christelike gebeurtenis toe Jesus opgevaar het hemel toe.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!







