
MBOMBELA – Hoërskool Bergvlam het hierdie week hulle jaarlikse Kultuurweek- en Vlamfeesopvoerings gehou.
As deel van die verrigtinge het die leerlinge dit goedgedink om die stad se bejaardes ook ‘n bietjie met ‘n heerlike aansitete te bederf.
Die gr. 10-gasvryheidstudie-leerders het die spyskaart uitgewerk, die disse voorberei en dit aan die baie spesiale groep voorgesit. Daarna het hulle die jaar se Vlamfeesopvoering in die skoolsaal bygewoon.
Christine Williams van Oranjezicht het gesê dit was vir hulle ‘n besondere geleentheid.
“Hierdie bederf is beslis iets besonders aan Hoërskool Bergvlam se leerlinge.”
Die skool se hoofleiers, Jessé Thorpe, Thuli Mthembu, Dylan Badenhorst en Niël Vermaas het die bejaardes vanaf die onderskeie ouetehuise na die skool vergesel en die middag saam met hulle deurgebring.
Die Vlamfees het Donderdag plaasgevind.
- Lees meer:
’n Goue droom ontvou op planke
Bergvlam se matrieks die tweede beste in Mpumalanga




