NewsSchools

Bergvlam word eerste skool om WeCan-projek te begin

Frané Scrap Metal het 'n prettige manier gevind om kinders te leer om hulle aluminiumblikkies te herwin.

MBOMBELA – Frané Scrap Metal het ‘n prettige manier gevind om kinders te leer om hulle aluminiumblikkies te herwin. Daar is tans twee skole wat aan hulle WeCan-projek deelneem.

Hoërskool Bergvlam en Curro Nelspruit het elk nou WeCan-blikversamelaars op hul persele. Me. Heidi Botes, Frané Scrap Metal se finansiële bestuurder, het verduidelik dat die leerlinge by die skole blikkies daarin kan herwin.

“Die waentjies word gratis gelewer. Daar is ‘n kannetjie-verpletteringstoestel aan en dit is ‘n lekker speletjie vir die kinders om die blikkies plat te druk voor hulle dit in die drom gooi.”

Wanneer die drom vol is, weeg Frané Scrap Metal dit en betaal die skool vir die metaal. Dit word dan herwin en die proses begin van voor af. Só baat almal wat deelneem, ook die omgewing.

Hoërskool Bergvlam het hulle waentjie op Vrydag 6 Mei van die maatskappy se mnr. Morné Craffert in ontvangs geneem. “Herwinning is vir ons as skool baie belangrik en ons is baie opgewonde oor die WeCan-projek,” het die skool by monde van skakelbeampte, me. Mandy Barnard gesê.

Frané Scrap Metal bou waentjies op aanvraag. Enigiemand wat belangstel om ook so ‘n waentjie op hul persele op te rig kan hulle kontak by 013-752-6662.

  • Lees meer:

Bergvlam se matrieks die tweede beste in Mpumalanga

Hoërskool Bergvlam se eerste spanne slag Sabie behoorlik af

Squillos pays Hoërskool Bergvlam a visit

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button