NewsSchools

’n Goue droom ontvou op planke

Ons Droom in Goud was goed afgerig en tot in die fynste detail geslyp.

MBOMBELA – Hoërskool Bergvlam se jaarlikse skoolproduksie, Ons Droom in Goud, het op Donderdag 12 Mei vir groot opwinding gesorg.

Menige toeskouer verwag ’n afgewaterde, saamgeflansde affêre as dit by ’n skoolkonsert kom.

Hierdie gebeurtenisse skep telkens die indruk dat oorwerkte onderwysers en trotse ouers gemiddelde items as die allerbeste paradeer.

Wie sou ooit kon glo dat hoërskoolleerders ’n skouspelagtige West End-tipe produksie kan aanbied?

Die talentvolle leerders van Hoërskool Bergvlam het gewys dat dit wél moontlik is – van die indrukwekkende instrumentsintetiseerder tot die potensieel gedurfde, maar ongelooflike swart en wit dansers, die professionele vertolking van teater- en verhoogstukke, die hoendervleismooistemme en die dromsolo.

Sekere items vra om uitgelig te word: Die dromspeler, Motheo Mashego, byvoorbeeld, het toeskouers op hulle voete gehad met ’n talentvolle vertoning wat almal genooi het om entoesiasties deel te neem.

Instrumentsintetisering is ’n uitsonderlike talent en Dean Delaney het met oortuiging gesorg dat die gehoor wonder waar hy die instrumente wat hy namaak, wegsteek.

Die seun het die gehoor betower met hul sangtalent en het saam met die dogters, kitaarspeler, pianis en dromspeler vir ’n ekstra-groot finale en staande ovasie gesorg.

Dit was opmerklik dat die leerders en organiseerders dit net soveel soos die toeskouers geniet het.

Ons Droom in Goud was beslis die moeite werk om by te woon. Die produksie

Bergvlam kan spog met toegewyde, entoesiasties leerders wat nie skroom om hul talente ten toon te stel nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

markkinnear

Mark Kinnear is based in Mbombela and has 33 years’ experience in journalism, mainly on the sports beat. He has made his career in community media and has extreme passion for covering a wide variety of sports events.
Back to top button