NewsSchools

Bergvlam beïndruk met groot bedrag vir KANSA

Die onderwysers het vir groot opwinding gesorg toe hulle hul hare opgeveil het.

MBOMBELA – Hoërskool Bergvlam se leerlinge het hulle vanjaar tydens die skool se jaarlikse deelname aan die KANSA Shavathon oortref.

Deelnemers kan hulle hare afskeer of tydelik laat spuitverf om die organisasie te ondersteun en sodoende geld in te samel. Die skool bied jaarliks so ‘n geleentheid vir die leerlinge en onderwysers aan.

Hulle het Woensdag 18 Mei weer so gemaak, en vanjaar het onderwyser Yolandie O’Reilly haar lang lokke laat waai. Dit is aan KANSA geskenk om pruike vir pasiënte wat chemoterapie ondergaan, te maak.

Die onderwysers het vir groot opwinding gesorg toe hulle hul hare opgeveil het.

Die hoogste bod op O’Reilly se hare was R300. Rihann van der Merwe is sy hare kwyt toe sy hokkiespan R400 bygedra het.

Adriaan Stander se baard het ook onder die lem deurgeloop toe die Vlammies die R4 500-teiken met hul donasies op die dag bereik het. Later, toe die leerlinge die R6 500-merk oorskry het, het Stander sy snor ook gegroet.

“Die oggend het bewusmaking van kanker onder die leerlinge se aandag gebring en Bergvlam is trots op hierdie fondsinsameling ten bate van kanker,” het die skool se skakebeampte Mandy Barnard gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button