NewsSchools

Jong redenaars presteer uitstekend

Drie van Komatipoort Akademie se leerlinge is deur na die volgende ronde van die ATKV Redenaarskompetisie wat op 3 Julie in Witbank plaasvind.

Angelique Stronkhorst (gr. 12), Chanté van Wyk (gr. 12) en Lilly Koekermoer (gr. 7) het hulle tydens die eerste ronde van die ATKV-Redenaarskompetisie onderskei.

Angelique en Chanté het aan die onvoorbereide afdeling deelgeneem en hulle uitstekend van hul taak gekwyt. Hulle het die beoordelaars en gehoor daarvan oortuig dat plattelandse skole nie een tree hoef terug te staan vir stedelike skole nie.

Lilly het aan beide die voorbereide en onvoorbereide afdelings vir laerskole deelgeneem. Haar standpunt dat wilde diere nie as troeteldiere aangehou mag word nie, is behoorlik tuisgebring en was baie oortuigend.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button