NewsSchools

Slimkoppe wys hul kán spel

Ses leerlinge van Laerskool Malelane het verlede Maandag aan die AKAS Spelkompetisie by Laerskool Barberton deelgeneem en uitstekend gevaar. Rugayya Moosa, Sadiya Tajo, Nompendulo Mambane, Fumani Chauke, Wenzile Mabuza en Sinokuhle Mazibuko.

Die spelkompetisie word gereël deur die onderwys-departement om ‘n groter bewustheid onder die Afrikaans eerste addisionele taal-leerders ten opsigte van spelling te kweek. Dit bestaan uit drie rondes en die wenners word op ‘n uitklopbasis bepaal.

Die Lanie-deelnemers was Rugayya Moosa en Sadiya Tajo (gr. 4), Nompendulo Mambane en Fumani Chauke (gr. 5), sowel as Wenzile Mabuza en Sinokuhle Mazibuko (gr.7).

Lanies het twee van die drie graadgroepe se kompetisies gewen. Moosa en Mabuza het albei goue medaljes ontvang vir hul uitstekende spelvermoëns.

Dit was ‘n wonderlike geleentheid vir die leerlinge en die skool is baie trots op hul prestasies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button