Local newsMunicipalNewsNews

Kragdrade loop deur poel water

In Aloe Ridge East is inwoners ontstoke oor kragdrade wat deur water loop. “Kinders speel in die straat, asook in die water,” het ‘n anonieme bron aan Steelburger/Lydenburg nuus vertel. Eers met verdere inspeksie het hulle gesien dat kragdrade deur die plas water loop in die grond in.  Die water het al by die straat …

In Aloe Ridge East is inwoners ontstoke oor kragdrade wat deur water loop. “Kinders speel in die straat, asook in die water,” het ‘n anonieme bron aan Steelburger/Lydenburg nuus vertel. Eers met verdere inspeksie het hulle gesien dat kragdrade deur die plas water loop in die grond in.  Die water het al by die straat af gestroom en huidige slaggate verdiep toe hulle besluit het om aksie te neem. Hulle het die probleem aan die minusipaliteit geraporteer, waarna hulle ‘n sloot gegrawe het om die water se afloop na die pad toe te keer. Dit het egter nie die probleem opgelos nie, en om dit erger te maak het hulle ‘n hoop grond in die middel van die pad gelos. Die plas water het nou ‘n rivier en ‘n dam geword. Dit lyk soos ‘n moerasagtige oerwoud tussen die bosse en bome. Die bron sê dat hulle moes aksie neem omdat daar baie kinders in die woonbuurt is en hulle lief daarvoor is om in water poele te speel, en mens weet nie of die water veilig is nie. As jy in die water plas kyk kan jy sien hoe water van onder aF deurdie grond borrel, dis duidelik dat daar ‘n pyp is wat gebars het. Hulle het intussen weer die minusipaliteit ingelig oor die probleem en hoop op ‘n spoedige reaksie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bridget Mpande

Bridget Mpande is the editor assistant for Mpumalanga News and Lowvelder Express. She joined Lowveld Media in 2014 and covers several beats in the newsroom. She is a mentor and believes there is no community newspaper without the community.
Back to top button