AnimalsEnvironmentalHard newsLocal newsNewsNews

Tawwe tienies met klein hartjies bring verligting

Jy verwag nie die soort teerheid by die tawwe tienies van die Harley Davidson klubs nie, maar in Nelspruit is dit 'n opregte omgee vir die gemeenskap se behoeftes wat die manne en die vroue op 'n Saterdag die pad laat vat met die blink masjiene om nood te verlig waar hulle dit raakgesien het.

MBOMBELA – Die Big Five Harley Owners Group (HOG) het ‘n rukkie gelede die harte van die vierpotiges by Pro-Life Pet Rescue se katjiehuise en hondekampe bly gemaak toe hulle met die brulfietse die stilte op die Barbertonpad verbreek het en by die hekke van die sentrum ingedraai het.IMG_1749 (Small)

IMG_1746 (Small)
“Klink soos donderweer!” het Marelise Pienaar, Pro-Life  se  finansiële en administratiewe bestuurder, gesê toe die  twintigstuks hul masjiene by die toevlugsentrum vir diere  parkeer het en nader gestaan het om ‘n ketting te vorm om vele sakke kat- en hondekos uit die HOG-kombi te laai.

Die sowat 70 honde en 40 katte by die sentrum eet 80 tot 100 kilogram kos per dag en dis ‘n hele paar dae se voorraad wat hulle kon aflaai. Hulle het ook twee hondehuise geskenk. Die lede het saam met Steiltes SPAR bygedra tot hierdie donansie.

Aan die stuur van sake was Dawie Visser wat gesorg het vir die insameling van die kos en die reëlings. Johan Spies, die tesourier van die klub het verduidelik dat dit deel is van die internasionale grondwet van Harley Davidson dat klubs betrokke moet wees by welsynswerk.

IMG_1755 (Small)

“Motorfietsryers het soms ‘n swak beeld by die publiek. Ons werk daaraan  om ‘n positiewe beeld te skep maar kan darem ook in alle opregtheid sê hier  in Nelspruit is ons diereliefhebbers!”

 

 

 

IMG_1750 (Small)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Elize Parker

Elize Parker is a senior journalist with more than 25 years of experience covering especially environmental, municipal and profile articles. She writes investigative reports, profiles, social articles and consumer related articles and also does photographs and multimedia to go with these. Previously she worked as a news editor for a radio station, news reader, a magazine journalist with women’s magazines and as a column writer.
Back to top button