NewsSchools

Pragtige prinsesse geniet ‘n aandjie saam met hulle pappas

Laerskool Laeveld se jaarlikse Pappa- en Prinsesaand was weereens 'n baie spesiale geleentheid.

Pappas en hul dogters het die glansryke aand, wat onlangs by die Mbombela Stadion gehou is, baie geniet.

DSC_0385 (Medium)

Waar die alledaagse lewe baie gejaagd kan wees, het hierdie aand vir die volmaakte blaaskans en kwaliteit-tyd tussen pa’s en dogters gesorg. Daar was heerlike versnaperings en die mooiste foto’s is geneem. ‘n Hele paar pappas en hulle dogtertjies het ‘n draai op die dansvloer gemaak.

Lees ook: Natasha is Laerskool Laeveld’s academic star

Dit was die vierde jaar wat hierdie geleentheid aangebied is. Die gr. 7’s gebruik dit as ‘n fondsinsamelingsprojek vir hulle afskeidsgeskenk aan die skool. Die fondse word vanjaar vir opkikkeringswerk aan die kantoor en administrasieblok aangewend.

DSC_0380 (Medium)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button