MALALANE – Oor ‘n paar jaar sal leerlinge van Laerskool Malelane lemoene en suurlemoene op die skoolterrein kan pluk en geniet. Ter vieringe van Lente- en Boomplantdag is een van elke soort boom deur die gr. R-klasse geplant.
Leerlinge, getooi in lenteklere en kreatiewe skoene of pantoffels, het ywerig geantwoord toe personeel hulle vra hoekom bome belangrik is, en het aandagtig na inligting daaroor en hul gebruike geluister.
Die simboliek van die bome was ook dat leerlinge eendag letterlik die vrugte van hul harde werk sal kan pluk.
“As julle mooi na die bome kyk, sal julle eendag van die vrugte kan eet. What you put in, is what you get out,” het ‘n juffrou verduidelik.
Die gr. R’e is daarna vorentoe geroep en het met hul grafies die boom mooi te help plant. Kyk na foto’s van die plaaslike skole se Lentedag-aktiwiteite hier.
Om verder tot die pret by te dra, kon leerlinge aan ‘n lente-pantoffelkompetisie deelneem. Skoene en pantoffels is met blomme, vere en skoenlappers versier en ‘n paar kinders het selfs hul eie skoene uit karton, papier en plastiek gemaak.
Die wenners was van die pantoffelkompetisie was:

