NewsSchools

Nellies koorfees maak ‘engelekoor’ musiek

Die junior en senior kore van Laerskool Nelspruit, Laerskool Laeveld, Curro Primary en Penryn College het deelgeneem.

MBOMBELA – Laerskool Nelspruit het op Vrydag 9 September hul jaarlikse Koorfees in samewerking met Absa by Cummunio Kerk aangebied.

Die junior en senior kore van Laerskool Nelspruit, Laerskool Laeveld, Curro Primary en Penryn College het deelgeneem.

Die Mpumalanga Jeugkoor is ook genooi en het gewys dat hulle maklik met ‘n universiteitskoor vergelyk kan word en gemaklik op daardie vlak sal kan kompeteer.

Mnr. Arrie Henn, hoof van Laerskool Nelspruit het die verrigtinge geopen waarna die skool se junior koor, onder die leiding van Isabel van Veenhuyzen, op die verhoog gevolg het met hul vertolking van Jack In the Box.

Beide Nellies se kore het die standaard vir die res van die Laeveld-skole gestel en die musiekjaar op ‘n hoë noot afgesluit. Die harde werk en ure se oefening was duidelik in al die kore se interpretasie van hul repertoire sigbaar.

Penryn College verdien ook spesiale vermelding met die wyse waarop hulle die gehoor met hul sang bekoor het.

Die geleentheid is met ‘n massakoor van al die deelnemende kore afgesluit onder leiding van André Oosthuizen met die liedere, “Magaliesburgse Aandlied” en “Heal our Land”. Dit het geklink of die deelnemende groepe saam met ‘n engelekoor musiek gemaak het.

“Saam het ons die gemeenskap vermaak met ‘n vertoning van uit die boonste rakke. Laerskool Nelspruit het gewys dat die geliefde skool nie net voor staan wat sport en akademie betref nie, maar vir seker ook op kultuurgebied,” het die skakelbeampte, Johan Orton gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button