NewsSchools

Guinness-wêreldrekord wink vir Nellies

Laerskool Nelspruit het Donderdag as deel van hulle eeufeesvieringe 'n poging aangewend om 'n Guinness-wêreldrekord op te stel.

MBOMBELA – Nellies het gekyk of hulle die grootste ontbytgraankos-ontbyt op een plek kan hou. Die huidige rekord word deur St Patrick’s College in Australië met 1 423 deelnemers gehou. Dit was omtrent ‘n geskarrel om 1 618 leerders, personeel en vriende van die skool in plek te kry in die hoop om die rekord te breek.

“Ek is tevrede met hoe die dag verloop het. Die nodige papierwerk, foto’s en beeldmateriaal moet nou aan die hoofkantoor van Guinness World Records in Londen gestuur word,” het die organiseerder, Riana Davel gesê.

Kellogg’s wat vanjaar hulle 110de verjaarsdag vier, saam met Clover het onderskeidelik Coco Pops en boksiemelk voorsien. Deelnemers moes tydens die poging gesit het en ‘n vloeistof, wat nie water insluit nie, geniet het.

 

Lees ook: Laerskool Nelspruit vier ‘n 100 jaar

“Met dié groot mylpaal wat die skool vanjaar bereik het, wou ek graag iets spesiaals gedoen het. Ons wag nou in spanning om te sien of ons wel ‘n nuwe rekord opgestel het,” sê Davel.

‘n Kaskar- en boeresportdag deur die leerlinge en personeel van Nellies het verder tot die feesvieringe bygedra.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button