Community galleriesGalleriesNewsSchools
Lanie wen goue medalje vir leesvermoë
'n Handjievol leerlinge van Laerskool Malelane het op 15 September bewys dat hulle van die beste lesers in die streek is.
‘n Groep leerlinge van Laerskool Malelane het ‘n geletterdheidsdag by Laerskool Barberton, wat deur die onderwysdepartment gereël is, op 15 September bygewoon.
Luandé Fourie en Rochell Boshoff het aan die gr. 6-huistaal- en Amina Sheik en Deseré Lukhele het aan die gr. 6-eerste addisionele taal-afdeling aan onvoorbereide lees deelgeneem.
Die dogters moes teen leerlinge van skole in die hele Ehlanzeni-distrik kompeteer.
Sheik het ‘n goue medalje vir haar uitstekende leesvermoë verwerf.
Lees nog Lanies-nuus:
- Lanies vier begin van die lente
- Laerskool se fietsryers laat ander in die stof byt
- Jong hokkiegeesdriftiges leer so speel-speel fynere kunsies
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
