
Dit is onlangs weer bewys toe skakelbeampte me. Liezel Haasbroek ‘n rits NHS-prestasies aangekondig het. Omdat die aard van hul prestasies so uiteenlopend is, is dit puntsgewys aangekondig.
• Inge Jansen van Vuren is ingesluit in die O/18 SA Skole-netbalspan.
• Ruan Groenewald is tot die O/19 SA Skole-gholfspan verkies.
• Bernard Vorster is tot die Mpumalanga Senior Krieketspan verkies wat in die provinsiale liga kompeteer.
• Stephan van der Bank is tot die O/17 SA Green Squad verkies.
• Mia Erasmus en De Villiers Basson het uitstekend by die Eskom-ekspo vir jong wetenskaplikes prestreer. Hulle het ook ‘n eersteplek in die afdeling vir mediese innovasie en tegnologie behaal. Uit die
20 000 projekte wat ingedien is, is 482 gekies om uitgestal te word.
• Marné van Aarde is tydens die skool se o/16-hokkiespan se toer na Nederland, as speler van die wedstryd aangekondig.
• NHS se eerste gholfspan het ‘n tweede plek in die Noordvaal-kompetisie behaal.
• Die eerste krieketspan het die Mpumalanga-liga gewen.


