NewsSchools

Nellies se sente help studente wat sukkel

Leerders van Hoërskool Bergvlam het Solidariteit Helpende Hand se Sente vir Studente-projek met oorgawe aangepak. Dit het behels dat elkeen van die skool se registerklasse 'n blikkie met kleingeld moes vul.

Die geld is na Helpende Hand se studiefondssentrum geneem, waar dit gebruik sal word om behoeftige studente met hul studieonkostes by te staan. Volgens projekorganiseerder René du Preez, sal die sentrum elke rand wat ingesamel word, tot ‘n maksimum van R25 000 verdubbel. Die fondse sal gebruik word om behoeftige studente met hul studies te help.

‘n Maand nadat die Vlammies sente begin insamel het, is dit getel en die klas wat die meeste geld gehad het, die gr. 8F’s, is met heerlike Squeeza-koeldranke beloon. Die inisiatief is deur Solidariteit Nelspruit se Elsabé Aylward aan Bergvlam se skakelbeampte, Mandy Barnard, bekendgestel.

Barnard was baie beïndruk met die geesdrif waarmee die skool se leerlinge die geleentheid om ander te help, aangegryp het. Nelspruit Post het teen druktyd nog nie bevestig hoeveel geld in totaal ingesamel is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button