NewsSchools

Die nuwe Mnr. en Mej. Komati word gekroon

'n Nuwe glanspaartjie vir Komatipoort Akademie is Vrydagaand tydens die jaarlikse Mnr. en Mej. Komati-kompetisie gekroon.

KOMATIPOORT – Dit is die tweede jaar wat leerlinge van Komatipoort Akademie hul lywe model kon hou om as ambassadeurs vir die skool gekies te word.

Die Mnr. en Mej. Komati-kompetisie het vanjaar heelwat meer belangstelling gelok. Alhoewel dit vir heelwat van die seuns ‘n groot uitdaging was om as modelle op te tree, het hulle dit naderhand baie geniet.

‘n Paneel beoordelaars moes die deelnemers fyn dophou om te besluit wie hulle die beste van hul taak gekwyt het. Derrick Pretorius was in 2009 Mnr. Sonitas in Pretoria en het in 2011 en 2012 die Mej. Laeveld-kompetisie help beoordeel.

Chimonè Kok, ‘n sangeres, het onlangs ‘n nuwe CD vrygestel en is in 2013 as ‘n Mev. SA-finalis aangewys.

Andile Langa het ook ‘n passie vir sing en was deel van die Noordwes-Universiteit se koor- en sêr-kompetisie. Sy het ‘n fyn oog vir kuns, styl en mode.

Theo Stronkhorst het medies by Kovsies studeer en was derde in die Mnr. Randburg-kompetisie in sy matriekjaar.

Benji van Niekerk, ‘n akteur in High Rollers en binnekort Binnelanders, was die seremoniemeester. Neelsie van Dyk het ‘n uitmuntende weergawe van “Singing in the Rain” gesing en vertolk, terwyl Zandri Strydom in haar diep fluweelstem die gehoor vermaak het.

Die kompetisie se finaliste het tydens die glansgeleentheid op die loopplank in informele, semiformele en formele drag verskyn.

Die spanning het toegeneem toe die top-vyf aangewys is, en Izel Potgieter en Emil Dorey is onder luide toejuiging van leerlinge en familie as die nuwe Mnr. en Mej. Komati aangewys.

Charity Nthetwa, Izel Potgieter en Rozanne Lotter.
Charity Nthetwa, Izel Potgieter en Rozanne Lotter.

Charity Nthetwa is as eerste prinses aangewys en Rozanne Lotter was tweede prinses en Mej. Fotogenies.

Jeandré Visser, Emil Dorey en Franco Stander.
Jeandré Visser, Emil Dorey en Franco Stander.

 

Jeanré Visser was die eerste prins en Mnr. Persoonlikheid, en Franco Stander was tweede prins en Mnr. Fotogenies. Taniel Jordaan was Mej. Persoonlikheid. Die beste debutante was Leila Maree en Emil Dorey.

Die stoele is hierna weggeskuif en die kinders kon vir oulaas pret hê voor die eksamens in aanvang neem. Die skool het ‘n bal gereël en die leerlinge kon die geleentheid kry om al die oortollige energie wat agter die skoolbanke opgegaar het, te verbrand.

Marian du Plessis het almal bedank wat die geleentheid ondersteun en bygewoon het en op watter wyse ook al ‘n bydrae gelewer het.

Die voormalige Mnr. en Mej. Komati Lourens Stassen en Angelique Stronkhorst.
Die voormalige Mnr. en Mej. Komati Lourens Stassen en Angelique Stronkhorst.

Angelique Stronkhorst en Lourens Stassen, die uittredende Mnr. en Mej. Komati, is bedank dat hulle waardige kroondraers was en vir al die uitreike wat hulle gedoen het en die mooi gesindheid wat hulle geopenbaar het.

Lees meer oor verlede jaar se kompetisie en wenners se uitreike:

2015 se Mnr. en Mej. Komati gekroon en foto’s van die geleentheid

Mnr. en Mej. Komati reik uit na Orlando kleuterskool

Mnr. en Mej. Komati maak tyd vir senior

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button