NewsSchools

Matrieks vir harde werk vereer

Hoërskool Lydenburg se gr. 12-leerlinge kon verlede Donderdag tydens hul prysuitdelingsfunksie die vrugte van hul harde werk pluk.

LYDENBURG – Hoërskool Lydenburg se gr. 12-leerlinge kon verlede Donderdag tydens hul prysuitdelingsfunksie die vrugte van hul harde werk pluk.

Leerlinge is met meriete- en prestasietoekennings, en erekleure asook trofeë, sertfikate en erepennings, beloon. Volgens die deurlopende evalueringspunte (DE) spog die matriekklas met ‘n ryk oes van 201 vakonderskeidings.

Annemie Steyn, die hoof-meisie van die skool is as die duxleerling vir 2016 aangewys.

Annemie het ses onder-skeidings, ‘n prestasiepunt van 2 151 en ook die hoogste gemiddeld van 87% behaal.

Die top-10 volgens prestasietoekennings

1. Annemie Steyn – ses onderskeidings 87%

2. Nadine Labuschagne – ses onderskeidings 85,9%

3. Janie van Rooyen – sewe onderskeidings 84,1 %

4. Vicky-Lee Taljaard – vyf onderskeidings 83,1%

5. Michélle Swanepoel – vyf onderskeidings 82,6%

6. Etli van der Merwe – ses onderskeidings 81,9%

7. Alistar Heydenrych – vier onderskeidings 81,1%

8. Natasha Vermeulen – vyf onderskeidings 80,7%

9. Elri Jacons – vier onderskeidings 80,7%

10. Bianca Ryan – vyf onderskeidings 80,6%

Spesiale toekennings is aan Cherise de Klerk (dienslewering), Mclaud Mokwena (dienslewering), Amina Cassim (toegewydheid), Vicky-Lee Taljaard (toegewydheid), Annemie Steyn (uitnemendheid), Alistar Heydenrych (veelsydig-heid) en Etli van der Merwe (veelsydigheid) oorhandig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button