NewsSchools

Marimbagroepie ryg die toekennings in

Die gr. 6 marimbagroep van Laerskool Bergland, onder leiding van die bekwame Nita van Zyl, was op 'n medalje-opmars by die nasionale eisteddfod se Young Performance Showcase-konsert.

MBOMBELA – Die groepie het aan die instrumentele afdeling deelgeneem.

Nog is dit nie die einde nie – die span het ook ‘n ambassadeurstoekenning ontvang.

“Dit is ‘n baie spesiale toekenning en ek is so trots op hierdie leerlinge. Dié toekenning word slegs aan die top-drie persent van die totale inskrywings van die jaar gemaak. Vir die toekenning word al die uitslae in die streek in ag geneem,” vertel Van Zyl.

Vroeër vanjaar het dié groep aan die streeksvlakkompetisie deelgeneem waar hulle ‘n diplomatoekenning van 90 persent en meer ontvang het.

Lees ook: Laerskool Bergland se Eistedfodd uitblinkers

Om in aanmerking vir ‘n medalje by die nasionale ronde te kom, moes hulle die hoogste punt in hulle kategorie, 91 persent of meer, behaal het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button