Local newsNewsNewsSchools

Kultuursterre word vereer

Vir die tweede agtereenvolgende jaar is Henrike Nel, tydens Hoërskool Nelspruit se prysuitdeling, as die senior dogter-kultuurpersoonlikheid van die jaar aangewys.

MBOMBELA – In 2014 het haar foto óók in die voorportaal gepryk in die junior kategorie.

Dié hoofleier het vanjaar by die nasionale ronde van die Radikale Redenaars in Oktober, ‘n eerste plek behaal. Sy het ook verskeie toekennings by die eisteddfod en Nasionale Eisteddfod van Suid-Afrika losgeslaan.

Lees ook: Talentvolle Nellie blink uit in Florida

Verlede jaar het sy by die Nelspruit Eistedfod, A++ simbole en ‘n A+ verwerf. Sy het ook twee diplomas in die Ehlanzeni Eisteddfod verwerf en was die itemwenner vir prosa in Mpumalanga onder die
gr. 10’s. Verder kon sy ‘n goue en twee platinummedaljes by die Suid-Afrikaanse Talentkampioenskappe in Oktober verlede jaar wen.

Shàn-Rich Lemmer het die trofee vir senior seun-kultuurpersoonlikheid van die jaar ontvang. Hy het ‘n derde plek by die finale ronde van die nasionale Engelssprekende redenaars losgepraat. Lemmer het ook by die eisteddfod twee eerste plekke in onderskeidelik die musiekvokaal-klassiek en musiek- instrumenteel gelig.

Shàn-Rich Lemmer.
Shàn-Rich Lemmer.

Talentvolle vioolspeler, Lusanti Brundyn, was deel van die Simfonia Juventi-jeugorkes. Vir die uitsonderlike prestasie, is sy as die junior dogter-kultuurpersoonlikheid. Sy het haar Unisa-viooleksamen gr. 7-prakties met lof geslaag. Brundyn was ook een van die gelukkige wenners wat ‘n Innibos-prestasiebeurs losgeslaan het.

Lusanti Brundyn.
Lusanti Brundyn.

Theo van der Westhuizen het met die junior seun-trofee weggestap nadat hy sy pad na die nasionale ronde van die Radikale Redenaars oopgepraat het. Hy het ook na die nasionale ronde van die ATKV-redenaars deurgedring.

Theo van der Westhuizen.
Theo van der Westhuizen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button