MALALANE – Leerlinge van Laerskool Malelane het met breë glimlagte onlangs sertifikate en trofees ontvang ter erkenning van hul harde werk gedurende die jaar.
Leerlinge van gr. 1 tot 7 wat ‘n goeie akademiese gemiddeld gedurende die jaar behaal het, is met brons, silwer of goue sertifikate vereer. Leerlinge in gr. 4 tot 6 wat ‘n gemiddel van tussen 90% en 100% behaal het het ‘n diamanttoekenning ontvang en die beste presteerders in elke graad in lees en in wiskunde, is ook beloon.
Die beste kreatiewe skrywers, lesers en wiskundiges in die grondslagfase het elk ‘n geskenkie of trofee ontvang.
Moya Grobler en Lanika Leuvennink is as die beste redenaars aangewys en Misha Janson en Waldo Potgieter as die beste kulturele presteerders.
Kuhle Mnisi en Hope Madonsela was die atlete van die jaar, Minky Khoza was die netbalspeler, Michael Erasmus die rugbyspeler, Abdullah Moosa die krieketspeler, en Nqobile Mahlobo en Keagan Janse van Vuuren die hokkiespelers van die jaar. Mpho Lekganyane en Amina Sheik was landloopatlete van die jaar, Charles Jansen en Kayla Smith die skaakspelers van die jaar en Franco Kritzinger en Izani van der Merwe die swemmers van die jaar.

Verskeie spelers is ook met spesiale toekennings en provinsiale kleure vir prestasies op provinsiale en nasionale vlak vereer.
Jan Malan en Kayla Smith is as die junior mees veelsydige sportseun en -dogter gekroon en Nqobile Mahlobo en Kuhle Mnisi as die senior sportdogter en -seun van die jaar.
Mnr. Gerben Janse van Rensburg het aan Gabby Collins die hoof se toekenning vir uitmuntende gesindheid toegeken.

Lanika Leuvennink het die meeste trofees van die aand verwerf. Sy het toekennings vir beste presteerder in nege vakke ontvang, asook die prestige toekenning en is as duxleerder vir 2016 aangewys.
Die nuwe leerderraad vir 2016 is aan ouers bekendgestel en die hoofleiers is aangewys. Alexa Caldeira en WP van die Merwe is die nuwe hoofleiers en Lana Bezuidenhout en Waldo Potgieter die onderhoofleiers.

Die voormalige hoofleiers het ook ‘n geleentheid voor die mikrofoon gekry en die verrigtinge op ‘n ligte noot afgesluit met ‘n terugblik op hul skoolloopbaan en kostelike en snaakse raad vir leerlinge wat die gehoor laat skaterlag het.
Sien meer foto’s van die toppresteerders hier.
