NewsSchools

Trofees by dosyne vir Komati hoërskoolleerders

Al hulle harde werk en toewyding gedurende die jaar het hoërskoolleerders van Komatipoort Akademie toekennings en trofees by die jaarlikse prysuitdeling besorg.

KOMATIPOORT – Stapels sertifikate en ‘n tafel vol trofeë het op Komatipoort Akademie se hoërskoolleerlinge gewag tydens hulle jaarlikse prysuitdeling verlede Maandagaand.

Ds Arrie Preller het die geleentheid geopen met Skriflesing en gebed en leerlinge vertel dat hulle kan trots wees op hul prestasies, maar nie hulself met enige iemand moet vergelyk of op hul neersien nie.

Mnr. Ormond Lombard, die skoolhoof het daarna leerlinge aangemoedig om die talent wat hulle het te ontwikkel, nie wat hulle graag wil hê nie.

Die gr. 8- tot gr. 12-leerlinge het in graadverband sertifikate ontvang vir besondere prestasies op sport- en kultuurvlak asook verdienste as lede van die VRL, redaksie van die skoolkoerant Die Penveer en dienslewering vir die skool se voedingskema.

Daar is ‘n hele paar spesiale toekennings aan die matrieks oorhandig. Mareli Prinsloo het beste prestasies in Afrikaans, Engels,wiskunde, lewenswetenskap, fisiese wetenskap, rekeningkunde en lewensoriëntering, asook best presteerder en dux-leerling vir 2016 verwerf.

Dux-leerling vir 2016 Mareli Prinsloo.
Dux-leerling vir 2016 Mareli Prinsloo.

Angelique Stronkhorst was die beste presteerder in besigheidstudie, best prestasie Eisteddfod-musiek, deel die trofee vir redenaars met Chanté van Wyk en word gekies as die ambassadeur vir gr. 12.

Izel Potgieter het toekennings ontvang vir beste prestasie in voordrag, beste prestasie Eisteddfod (veelsydigheid) en deel die Mariaan du Plessis-trofee vir hoogste Eisteddfod prestasie vir individuele item met Cynthia Pilusa.

Pauline de Bruin het die trofee vir vroulikheid ontvang omdat sy ‘n jong dame is wat uiterlik en innerlik vroulikheid uitstraal.

Pauline de Bruin ontvang die trofee vir vroulikheid van Mnr Ormond Lombard.
Pauline de Bruin ontvang die trofee vir vroulikheid van Mnr Ormond Lombard.

Die skool se top sportmanne en vroue is hierna beloon. Natasha Brown en Setu Mathebula is die beste dogters- en seunsatlete, Zhané Norval die netbalspeelster van die jaar, Dominique van der Westhuizen is as beste netbalspeelster aangewys, Emil Dorey die beste hokkiespeler, Xander Swanepoel die rugbyspeler van die jaar en Adriaan du Plessis die krieketspeler van die jaar. Bart van Bijinder is gekies as skaakspeler van die jaar, Paulo Goncalves as swemmer, tennispeler, gholfspeler en mees veelsydige speler van die jaar en Zhane Norval as die beste tennisspeelster.

Rugbyspeler van die jaar Xander Swanepoel en Mnr. Ashley Cairns.
Rugbyspeler van die jaar Xander Swanepoel en Mnr. Ashley Cairns.

Sportdogter en sportseun van die jaar is Angelique Stronkhorst -, wat ook tweekampatleet van die jaar is – en WG Engelbrecht.

Lombard was daarna aan die beurt om die wenner van die hoof se toekenning aan te kondig. Hy het dit aan Angelique Stronkhorst toegeken en vertel dat dit nie gaan oor alles wat sy deur die jaar gedoen het nie, maar wie sy is. “Jy leef die Komati-hart uit en het ‘n hart vir almal – van die werkers tot die leerlinge en onderwysers en is ‘n weerspieëling van Komatipoort Akademie se waardes,”het hy gesê.

Hoofleiers Anqelique Stronkhorst en Danie Bothma het daarna hul afskeidsboodskappe gegee voordat die nuwe hoofleiers aangekondig is.

Zhané Norval en Emil Dorey is as onderhoofdogter en -seun aangewys en Charissa Stander en Henrico Maritz is hoofdogter en -seun vir volgende jaar.

Kyk na ‘n gallery vol foto’s van die pryswenners hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button