Local newsNewsNewsSchools

NHS se matrieks slaag met vlieënde vaandels

Dit was geen verrassing toe Hoërskool Nelspruit vir die 11de agtereenvolgende jaar as die provinsie se topskool van 2016 aangewys is nie.

MBOMBELA – NHS se matriekklas spog ook vir die vyfde agtereenvolgende jaar met ‘n 100%-slaagsyfer.

Die senior adjunkhoof van NHS, mnr. Johan Hattingh het veral die ouers vir hulle ondersteuning deur die jaar bedank. “Baie geluk matrieks van 2016. Nelspruit Hoërskool is trots op elke gr. 12-leerling asook hul ouers,” het Hattingh gesê.

Lees ook: Hoërskool Nelspruit receives praise from Department of Education

Tersia Steyn en Marinda Pogieter spog elk met agt onderskeidings. “Dit is waarvoor ek gewerk het en ek was so bly toe ek my sertifikaat ontvang het.

IMG_9036

“Ek gaan medies by die Universiteit van Kaapstad of by die Universiteit van Pretoria studeer – ek besluit nog daaroor,” het Jané de Vos, wat sewe onderskeidings het, gesê.

Hattingh het ook die Mpumalanga Departement van Onderwys geprys. “Komplimente aan die departement met die suksesolle bestuur van die eksamenproses.”

Lees ook: NHS beloon toegewyde leerlinge

‘n Paar matrieks deel hulle toekomsplanne
Riaaz Adebayo: Hou van jag, visvang en rugby en beoog om medies te swot by die Universiteit van die Vrystaat.

Linda Nel: Was die wenner van die Face of Riverside-kompetisie in 2015 en ‘n finalis in die Top Model SA-kompetisie dieselfde jaar. Sy beplan om elektromeganiese ingenieurswese te studeer en in hernubare energiebronne te spesialiseer.

Danielle van der Nest: NHS se onderhoofdogter wat verlede jaar ook die kaptein van die eerste tennis- en netbalspan was, is dol oor mense. Sy wil arbeidsterapie aan die Universiteit van die Vrystaat studeer.

IMG_9050

Onderskeidings
• Agt – Tersia Steyn, Marinda Potgieter

• Sewe – Jané de Vos, Franzel Gruber, Yvona Louw, Pieter Schoeman, Leo Strydom, Christiaan van Biljon

• Ses – Robynne Bruwer, Johan Coetzer, Yolandi Joubert, Marnus Kruger, Amandus Nieuwenhuis, Pieter Swart, Danielle van der Nest, Laura Vorster

• Vyf – Riaaz Adebayo, Beu-Andri Botha, Sumanette Bredenkamp, Andrew Dunn, Jano Erwee, Francois Esselen, Hanru Jansen van Vuuren, Schalk le Roux,
Marli Malan, Linda Nel, Ursula Olivier, Jana Rheeder, Janke Schreiber, Tiaan Struwig, en Reece Terblance.

IMG_9034

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button