Rob beliggaam vooruitgang
"Waarom is ons bloed oranje? By Rob is ons één groot familie. Ons gee om vir mekaar en ondersteun en dra mekaar," sê mnr. Dawie Oberholzer.

WITRIVIER – Hoërskool Rob Ferreira is ‘n dubbelmediumskool met ‘n ryk geskiedenis en spog tans met 807 leerlinge. In 2017 het daar ‘n rekordgetal van 186 gr. 8’s ingeskryf.
Jaarliks neem byna 200 atlete aan die interhoër deel, waarvan 54 vanjaar na die Mpumalanga-kampioenskappe deurgedring het. Amos Khoza is tans die SA kampioen vir 800m o/15.
“Die skool het ‘n volledig toegeruste gimnasiums, rugbyvelde, netbalbane, tennisbane, ‘n swembad en hokkievelde, asook krieketnette,” sê me. Somari Basson.
Oud-Robbies presteer jare ná skool steeds. Sportmanne en -vroue soos Danie Rossouw, Clearance Khumalo, Lente Pieterse verskyn nog gereeld op televisie en in koerante. Shane Smit, oudhoofseun (2004) is die hoofsjef in Jamie Oliver se restaurant in Suid-Afrika.
Verlede jaar is afgerond deur puik matriekuitslae. Nomaan Mulla is Mpumalanga se toppresteerder vir 2016 met ‘n gemiddeld van 92,3 persent.
Interhoër 2017 het op ‘n hoogtepunt geëindig met Robbies wat die wenners van die Prestasiebeker asook algehele naaswenners was. Atletieksensasie, Ashaan Sebastian is as junior victor ludorum aangewys.
Mariska van der Walt is met 97 persent by die gala-aand van die 2016-eisteddfod as beste deelnemer in die afdeling visuele kuns aangewys.
Jaarliks kry Robbies die geleentheid om aan konserte, koor, die “Robbie-band” en redenaarskompetisies deel te neem.
In 2016 het Rob se o/14-rugbyspan na die finaal van die Beeld-trofee deurgedring.
“By Rob is ons één groot familie. Rob is die plek waar jy jou wortels diep in die grond wil steek. Vorentoe een, Vorentoe al!” sê mnr. Dawie Oberholzer.
- 25 Maart: Rob Ferreira hou hul opedag om 10:00. Navrae: 013-751-2281.
- Besoek hul webblad: www.robbies.co.za
Lees meer: Rob Ferreira learner the best in SA
Sien ook: Robbies rewarded for their diligence with schoolwork


