Cape Argus
Kaapstad Fietstoer gemaak, die eerste keer in die toer se geskiedenis. Nadat almal weer veilig tuis is, het Steelburger/Lydenburg Nuus gaan uitvind hoe ‘n paar ryers die ervaring beleef het. Rukwinde het Sondag ‘n einde aan die 40ste Argus wedren gebring . Daarmee saam het dit die drome van veral fietsryers wat die eerste keer …
Kaapstad Fietstoer gemaak, die eerste keer in die toer se geskiedenis. Nadat almal weer veilig tuis is, het Steelburger/Lydenburg Nuus gaan uitvind hoe ‘n paar ryers die ervaring beleef het. Rukwinde het Sondag ‘n einde aan die 40ste Argus wedren gebring .
Daarmee saam het dit die drome van veral fietsryers wat die eerste keer die 109km wedren sou aanpak, verydel.
Vir Burgersforters, Nicole Duminy en haar geliefde, Juandré de Beer was die afskaf van die toer teleurstellend, maar ook ‘n hoogtepunt. Die twee het Maandag by Underdale by die Kaap van Goeie Hoop verloof geraak. “Nou hou ons vir ‘n week lekker vakansie.”
Nicole vertel dat dit hulle eerste deelname sou wees. ”n Jaar se oefening en voorbereiding, beplanning, reisreëlings en verblyf, maak ‘n taamlike bedrag uit.”
Nicole het aan Steelburger/Lydenburg Nuus vertel dat hulle nie vergoed word vir inskrywingsgelde of ander uitgawes nie. “Maar daar word R220 000 van die prysgeld aan die mense van Imizamo Yethu in Houtbaai geskenk wat deur die brande getref is. Ons kry wel voorkeur vir inskrywing vir volgende jaar se wedren, voor dit aan die publiek oopgestel word.”
Volgens haar was die inskrywinggeld R500 insluitend ‘n goodie bag plus ‘n ekstra R1500 vir die Pinkdrive Charity wat ‘n asemrowende goodie bag en pink fietsryhemp ingesluit het.Verblyf per persoon per aand was R380. Retoervlugte was R2 900, uitgesluit die vervoer van fietse tot in Kaapstad.
“Ons is kranige fietsryers en is gewillig om enige iets nuuts aan te pak. Die regte besluit aangaande die veiligheid van die fietsryers is geneem, hoewel baie voel dat hulle vergoeding moet kry vir al die oefening en moeite wat hulle tot en met die toer ingesit het. Die fietstoer se gees is wel hooggehou toe ‘n groot groep, insluitend ons, Suikerbossie se klim van die agterkant af opgery en beproef het net om wel ‘n paar kilometer op die fietse af te lê.”
Die winde was op plekke tot en met 100km/h sterk. Sy is van mening dat die kansellasie van die toer hulle nie ontmoedig het nie. “Ons sal beslis weer die Moederstad kom besoek.”
Helgaard en Juanita Prins het ook die reis Kaap toe met goeie voornemens aangepak om hierdie legendariese resies weer ‘n keer te laat les opsê. Volgens Helgaard , sê hy hulle 1 800km per motor gereis, en moes oorslaap. Hulle het twee dae Kaap toe gery. Die verblyf alleen het hulle R1 000 gekos. Hulle was reeds die eerste dag van die ekspo daar waar ongeveer 300 uitstallers was. Toe reeds, vertel Helgaard het die wind al skade aangerig. “Ons het die week voor die resies so paar keer in die wind gaan ry en dit het kwaai gewaai. ‘n Dag vantevore het brande in die Houtbaai-omgewing ontstaan wat baie huise en plase verwoes het. Die aand vantevore het die organiseerders boodskappe aan deelnemers gestuur en ‘n waarskuwing vir sterk winde die volgende dag uitgereik. Daarin is aanbeveel dat minder ervare ryers eerder die jaar moet uitsit.
“Die oggend van die resies is ons in kennis gestel dat dit na 78km verkort is as gevolg van protesoptogte op die roete. Een van die groepe het reeds weggespring en moes deur beamptes voorgekeer en gestop word. Windspoed van tot tussen 100 tot 120km/h is aangeteken,” verduidelik Helgaard. Hy sê hoewel hulle teleurgesteld was, juis omdat dit die 40ste herdenking van resies was, glo hulle die organiseerders het die beste besluit geneem, en dat hulle vir seker volgende jaar terug sal wees.
