Local newsNews

Joshua na die Reën het gehoor op voete

Joshua na die Reën (JNDR) het verlede Vrydagaand by die Mbombela-stadsteater kom optree. Dit is gereël na die vrystelling van die groep se tweede album, Die Wêreld Binne My, verlede jaar.

MBOMBELA – Oud en jonk, paartjies en gesinne, het opgedaag vir die geleentheid om die talentvolle groep musikante te sien. Die hoofsanger en liedjieskrywer, Joshua – oftewel Jacques de Villiers – het staaltjies tussen die liedjies vertel en verduidelik waar die titels vandaan kom.

“Ek het altyd op die plaas na die sekel-maan gekyk en gewens ek kan so wees.

“Dan het ek ‘n kurwe waar iemand kan kom lê,” het hy vertel.

Video van een van hul liedjies

JNDR het liedjies soos “Sekelmaan”, “Stof en Sterre”, die titelsnit “Die Wêreld Binne My”, en Don McLean se “Vincent” gesing.

“My skoonouers wat hier woon, het gewoonlik vir my die optredes gereël. Hierdie keer het ons agtergekom ons ken nie almal wat kaartjies gekoop het nie. Dit beteken, ons doen iets reg en meer mense kom kyk. Baie dankie,” het Joshua gesê.

‘n Paartjie het agter in die teater begin sokkie, en die vol teater het die geleentheid terdeë geniet.

Die aand is volmaak met staande applous vir die groep afgesluit.

Lees ook: Musiekliefhebbers verlustig hulle in klassieke kuns

Was jy daar?
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button