Vanjaar begin die dorp vroeg in die feesgees van Innibos kom. Die amptelike T-hemde gaan elke Vrydag in die aanloop tot die fees wat op 5 Julie afskop, gedra word. SA Embroidery is vanjaar die verskaffers van die Innibos-drag. Die wins op elke T-hemp sal aan Innibos geskenk word om te help om die land se gunstelingfees selfs nog groter en beter te maak. Laeveld Media ondersteun dié inisiatief en die personeel het sommer Vrydag al begin om hulle nuwe T-hemde te dra. Almal word uitgenooi om saam aan Innibos-Vrydae deel te neem en die fees te ondersteun. Innibos se Sandra Jacobs het almal aangespoor om van volgende week af hul T-hemde aan te trek. “Kry solank jou feesvere reg,” het sy gesê. Koop een teen R150. Kontak SA Embroidery by lize@saembroidery.co.za of sheralyn@saembroidery.co.za. Hier is De Wet Potgieter, Mariolise le Roux en Buks Esterhuizen.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!