NewsNews

Bekende parkie word met kleur opgekikker

Dit vorm deel van 'n uitreikprogram wat dié kerk jaarliks van stapel stuur.

Die parkie wat parallel met Tom Lawrencestraat loop, is onlangs in ‘n nuwe baadjie getooi, danksy die gr. 10’s van die NG Kerk Witrivier. Volgens een van die jong lidmate, Sumanette Bredenkamp, het die kinders self met dié idee vorendag gekom.

Dit vorm deel van ‘n uitreikprogram wat dié kerk jaarliks van stapel stuur.

“Die parkie lê in die hartjie van die dorp en daarom het ons besluit om dit op te knap,” sê sy.

Danksy ‘n borgskap deur Cowley Paints kon die jongklomp die verweerde grenspaaltjies in helder kleure oorverf.

Die parkie het ‘n gedaantewisseling ondergaan en gaan voortaan as Priroda, wat “natuur” beteken, bekend staan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button