NewsNews

Van stokperdjie tot passie

Hekel is iets wat deesdae nie net deur die ouer garde beoefen word nie, die jonger geslag is net so geprikkel deur die kortbeen-langbeenkunsvlyt.

 

Tans is hekelprojekte baie divers en word met verskillende breidraad wat bonkige tot fyn hekelwerk insluit, gehekel – iets vir elkeen.

Vir Chantelle Weber het hierdie stokperdjie vinnig ‘n verslawende passie geword.

Weber is deur haar skoonma, Ria van Wyk geleer, maar dit was nie net wegspring met hekelpen en woldraad nie. Sy moes leer hoe om patrone te lees, want sy wou haar eerste hekelstuk vir haar niggie se ooievaarstee gereed hê. Vandag is hekelwerk nie net ‘n stokperdjie nie, dit bring ook ‘n ekstra inkomste vir haar en haar gesin in. Sy het lede van haar familie, insluitende haar dogters, ook geleer hoe om te hekel. “Hekel is baie ontspannend, dit laat my gedagtes dwaal,” vertel sy. Weber dink die moeilikste item wat sy nog aangepak het, is ‘n koalabeertjie, maar sê dat sy al die uitdagings wat sy vir haarself gestel het, oorwin het. Sy verkoop nou haar beertjies op bestelling en voorsien hulle ook in groot maat vir herverkoop.

“Ek het mense leer hekel wat gesê het dat hulle dit nooit sal regkry nie en nou geniet hulle dit.” Dit is nietemin nie vir almal nie, net soos dans en brei, maar indien jy dit beproef sal jy sien hoe fantasties dit is en dat dit hoog mode is. Sy moedig enigiemand aan om dit ten minste te probeer.

Indien jy ‘n bestelling wil plaas, skakel Weber by 073-489-0005.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button