Ontmoet die span by Engen Oil Centre
Oil Centre, wat vir die afgelope agt jaar in Nelspruit was bestaan nog, hulle handel net onder 'n nuwe naam, met 'n nuwe wenspan

Die olieverskaffers vroeër bekend as Oil Centre wat die afgelope agt jaar in die Riverside Nywerheidsgebied geleë was, en Engen het in Maart vanjaar besluit om saam te smelt en ‘n depot te bedryf wat olie aan beide klein- en groothandelaars verkoop.

Die maatskappy het ‘n grootskaalse verandering ondergaan met die aanstelling van ‘n nuwe bedryfspan onder leiding van Rassie Erasmus wat ‘n vars benadering tot die uitdagings en geleenthede van die toekoms inlui.

Die depot beskik tans oor vyf voertuie en drie bestuurders wat gratis aflewerings in Mpumalanga en dele van Limpopo doen.
Die maatskappy roem daarop dat dit die beste diens en produkte wat vir plaaslike toestande geskik is aan boere en die landbousektor kan lewer.

Die depot is 100% op kliëntediens gefokus. Rassie en sy span sal ook die tweede myl met hul kliënte saamloop. Hulle handhaaf boonop ‘n oopdeurbeleid sodat kliënte te eniger tyd om raad oor olie en smeermiddels kan kom aanklop.
Maak gebruik van hierdie ongelooflike aanbod terwyl voorraad hou
Hulle verskaf verskeie tipes olie vir bote, vragmotors, trekkers, ander voertuie en masjinerie maar ongelukkig nog nie vir motorfietse nie. Dit word in die vooruitsig gestel.

Indien die depot nie die olie in voorrad het wat jy tans gebruik of soek nie, sal dit – of ‘n soortgelyke produk – by ander betroubare bronne opgespoor en verkry word.

Engen Oil-sentrum is Maandag tot Vrydag van 07:00 tot 16:00 oop, en na-ure en naweke op bystand.
Rig navrae aan Engen Oil-sentrum by 087 802 6042 of 082 963 5128 of besoek hulle Facebook-blad vir die jongste nuus en aanbiedings.


