KOMATIPOORT – Twee-en-sestig jaar na sy oupa as graadeentjie by Komatipoort Akademie ingeskryf het, het Stefan Kriel dieselfde voorreg gehad.
Dié nuweling is een van 43 wat verlede Woensdag deur Ina Lindique en Marita Greeff op hul eerste dag by die grootskool verwelkom is.
LEES: 5 Brain boosting back-to-school apps
Die meeste van die kinders was rustig en het hulle sitplekke kalm ingeneem. ‘n Paar het wel senuagtig gelyk en enkeles het krampagtig aan ‘n ouer vasgeklou.
Tydens saalperiode het die skoolhoof, Ormond Lombard, al die nuwelinge welkom geheet, insluitend nuwe personneellede Marian du Plessis, Anton Atkinson en Tessa Heystek.
WATCH: Get your child’s school career off to a flying start in 2018!
Hy het Psalm 112 voorgehou as ‘n voorbeeld van hoe om regverdig te lewe en dit te geniet.
“Ons kinders is Godgegewe talente en geskenke wat ons ontvang het, en ons as ouers moet betrokke wees in hulle lewensreis. Moenie jou eie doelwitte bereik ten koste van hulle nie. Bly betrokke by jou kind.”


