AdvertorialBusinessLocal newsNewsNews

Is jy seker jou grootste bate is verseker?

Wat is jou grootste bate? Vir baie mense aan wie ek die vraag stel, is hulle vinnig om te reageer met, “Sekerlik my huis of my spoggerige voertuig”.

Vra eerder jouself, wat gee jou die geleentheid om ‘n huis en ‘n voertuig te kan bekostig? Die antwoord hierop is jou vermoë om ‘n inkomste te kan verdien of genereer. Eenvoudig gestel: jou salaris of maandelikse inkomste.

Dit is moeilik om ‘n geldwaarde aan iemand te koppel. As ons egter ‘n baie eenvoudige waardasie metode moet gebruik en die waarde van ‘n 30-jarige man wat R20 000 per maand verdien, moet bereken, sal die huidige waarde van so ‘n persoon R8,4 miljoen wees. Dit is daarom duidelik dat die grootste bate wat elkeen van ons besit, jyself is.

Is jou grootste bate verseker? Indien jou antwoord nee is, moet jy dringend daaraan aandag gee. Niemand van ons weet wat môre vir ons inhou nie. Motorongelukke, gevreeste siektes, misdaad en ander onverwagte gebeurtenisse is ‘n realiteit.

Indien een van hierdie onvoorsiene gebeurtenisse jou pad kruis, wil jy finasieel onafhanklik kan wees. Jy wil nie in jou moeilikste tyd afhanklik wees van familie en vriende wat vir die res van hul lewe geld gewys na jou sal moet omsien nie.

Daar is uitstekende inkomstebeskermingsprodukte op die mark. Wat hulle uniek maak is dat dit uitbetaal vir tydelike sowel as permanente ongeskiktheid. Indien jy in ‘n motorongeluk is en vir ses maande nie kan werk nie, sal jy steeds ‘n inkomste ontvang. Alle inkomstebeskerminguitbetalings is ook belastingvry.

Dit is van uiterse belang om te besef dat lompsom-ongeskiktheidsdekking alleenlik nie voldoende is nie, omdat dit slegs uitbetaal indien jou ongeskiktheid permanent van aard is.

Met hedendaagse mediese tegnologie wat baie verbeter het, is dit baie moeilik om permanensie van ongeskiktheid te bewys, en daarom is baie lompsom-ongeskiktheidseise onsuksesvol.

Doen jouself dus ‘n guns, kontak ons en verseker jou grootste bate.

Heinrich Coomans | CA(SA) | CFP is ‘n direkteur by Affluence Groep en spesialiseer in beleggings, persoonlike en besigheidsversekering. Vir navrae kontak hom by heinrich@afgroup.co.za of 084 586 9509.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button