AdvertorialBusinessLocal newsNewsNews

Moenie Afriforum se #Ankerdorppadskou misloop nie

AfriForum se #AnkerdorpPadskou is ’n veldtog waartydens hoop in dorpe landwyd geskep word deur verskeie gemeenskapsaksies, wat ’n positiewe verskil maak, deur die jaar aan te pak.

Ons maak waterlekke reg, vul slaggate, verf paaie, rig padtekens op, takel munisipale probleme, besoek skole, ondernemings en gesondheidsorginstellings, knap ouetehuise op, bied inligtingsessies en opleiding aan, maak skoon, versterk gemeenskapsveiligheid en vele meer.

Al wat dit verg om ’n dorp beter te maak, is die uitvoer van een positiewe aksie op ’n slag. Kom neem saam met ons aan die aksies op jou dorp deel – jy sal verbaas wees hoe jou deelname moedeloosheid in hoopvolheid verander.

Wéés die verskil wat jy in jou dorp wil sien!

Kom sluit by ons aan:

Nelspruit (Junie 2019)

Tzaneen (Julie 2019)

Krugersdorp (September 2019)

Secunda (Oktober 2019)

Bethlehem (November 2019)

Jy kan steeds deel van hierdie opwindende projek wees selfs al woon jy nie in een van die betrokke dorpe nie. Inwoners van omliggende dorpe word ook uitgenooi om deel te neem en ’n verskil te maak om ’n beter toekoms te skep. Onthou, as dit met jou buurman goed gaan, gaan dit ook met jou goed.

En wie weet, volgende keer kom jóú dorp dalk aan die beurt.

Waar is ons nou?

AfriForum is die Junie in Nelspruit. Hier is ons kalender van aksies!

Almal is welkom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button