Witrivier se rugbydroom in kwarteindronde gestuit
Dit was uiteindelik ’n maklike oorwinning vir die tuisspan.

Witrivier moes die afgelope naweek in die kwarteindstryd van die Protours Mpumalanga Premierliga die aftog teen Nelspruit blaas.
Die Nelspruitmanne het die spannende wedstryd met 31-17 gewen.
Witrivier het eerste punte aangeteken toe skrumskakel Junior Kotze gaan druk en Eldred James verdoel het. Eldred het ook ’n pragtige strafskop deur die pale geklits, maar dit was nie genoeg om die knoop deur te hak nie.
Dit was uiteindelik ’n maklike oorwinning vir die tuisspan.
Die vorige naweek het Witrivier se tweede span dié van Witbank met 33-12 kafgedraf, maar die eerste span het toe ook met 17-19 teen Witbank verloor.
White River Post het daardie wedstryd bygewoon. Kyk hier na meer foto’s daarvan:








