AdvertorialBusinessLocal newsNewsNews

Raak verlief op wiskunde by die Karin Coetzee Wiskundesentrum

Karin Coetzee Wiskundesentrum Nelspruit word deur Carole Rice bedryf wie se ondervinding in wiskundeonderrig sal verseker dat u kind net so lief vir die vak sal word as wat Carole self is.

Sy benader wiskunde op ‘n holistiese manier en kweek selfvertroue by kinders deur hulle geloof en hoop te gee, en leer lekker te maak.

Karin Coetzee Wiskunde is tans beskikbaar vir leerders van graad 3 tot 7. Kinders word onderrig in die basiese reëls van wiskunde en word nie net vir die huidige sillabus voorberei nie, maar ook vir wiskunde op hoërskool.

Lesse word met behulp van ‘n interaktiewe slimbord aangebied wat ‘n raakskerm-witbord is waarop die kinders die oefeninge visueel voor die klas kan doen. Elke leerder kry ook ‘n persoonlike witbord waarop hulle saam met Carole kan oefen terwyl sy die wiskundeprobleem behandel.

Die leerders word ook aangemoedig om te presteer deur kompetisies waarin hulle kyk wie eerste die regte antwoord kan verskaf.

Klasse word tot 10 leerders beperk om te verseker dat hulle die individuele aandag ontvang wat hulle nodig het.

Leerders kry elkeen ‘n Mental Maths-boekie (Blitsrekenboekie), asook ‘n weeklikse aktiwiteitsboekie wat hulle huis toe kan neem om die opdragte uit te voer en vir die volgende week se lesse voor te berei.  Alle klasse word volgens die KABV (Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring) aangebied. Neem ook kennis dat die klasse tans net in Afrikaans aangebied word maar binnekort ook in Engels beskikbaar sal wees.

Karin Coetzee is baie puntenerig oor die manier waarop sy klas gee en verseker so dat elke les deeglik en breedvoerig aangebied word.

Graad 4- en 7-leerders kry ook individuele klasse ‘n paar weke voor die eksamen om hulle vir die toetse voor te berei.

Hier volg wat ouers en leerders oor Karin Coetzee Wiskundesentrum Nelspruit te sê gehad het:

Baie dankie vir so ‘n groot verskil in so ‘n kort rukkie met my kind se benadering tot wiskunde. Sy is opgewonde en entoesiasties. Sy sien kans, en die beste van als is, sy is so trots op haarself en hoe sy die wiskunde begin regkry. Sy is nie meer bang vir die vak nie.

 

Graad 5-kind: Ek het aan die einde van die tweede kwartaal 37% vir wiskunde gekry. Nadat ek ‘n maand by  die Karin Coetzee Wiskundesentrum was, het my punte verbeter. Ek kry nou 90% vir my toetse in die derde kwartaal.

Nadere inligting oor die Karin Coetzee Wiskundesentrum Nelspruit kan verkry word op hulle webruimte of Facebook-blad. U kan Carole ook skakel by 084 701 1960 of e-pos by carole@karincoetzeewisk.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button