Uitblinkers deur laerskool vereer
Die skool se leerlinge woeker op verskeie gebiede.
Laerskool Witrivier het onlangs die 15 akademiese toppresteerders in elke graad aangewys.
Intussen woeker die skool se leerlinge ook op verskeie ander gebiede.
Die junior dansgroep het juis verlede week ‘n A-simbool by die Nelspruit Eisteddfod ontvang en sportspanne het hulle slag op hokkie-, krieket- en ander sportvelde gewys.
Amé Quinn en Michael Swanepoel van die skool is ok gekies om Mpumalanga Swem later in Augustus by ‘n interprovinsiale byeenkoms te verteenwoordig.

Tanya Delport was die afgelope Julie vakansie deel van die Mpumalanga Kiwi’s-hokkiespan en het aan die Mpumalanga Laerskole Noordelike o/12 hokkie-toernooi in Krugersdorp deelgeneem.
Die skool het ook onlangs ‘n mini hokkiedag vir o/7 en o/8 spelertjies aangebied waar die kleinspan gewys het wat in hulle steek.












