Local newsNews

Vrou oogetuie van twee ongelukke met verdwaalde beeste in 25 dae

Annelie van Rooyen ry elke op die N4 en beskou die beeste as 'n ernstige probleem.

BOMBELA – “Ek sê net dankie Here niemand het seergekry nie,” het Annelie van Rooyen gesê na nog ‘n ongeluk weens beeste op die dorp se paaie.

Dié ongeluk het 30 Augustus om 19:00 op pad na Alkmaar voor die Cairn-afdraai op die N4 gebeur. Volgens Van Rooyen het ‘n bakkie twee beeste getref wat oor die pad geloop het.

Laevelder het voorheen oor Van Rooyen berig wat presies 25 dae voor hierdie ongeluk ‘n soortgelyke een op dieselfde pas gesien het. “Hoeveel beeste moet nog sterf, hoeveel karre moet nog beskadig word en hoeveel lewens moet nog verloor word voordat daar iets gedoen word,” het ‘n baie bekommerde Van Rooyen gevra.

Die slagoffer van die ongeluk se bakkie.

Volgens haar is daar geen waarskuwings-borde op die pad om die moontlike gevaar aan te dui nie. Sy voel egter dat dit die verantwoordelikheid van die eienaars van die beeste ook is.

LEES OOK: The cattle battle continues on city roads

“Die eienaars is veronderstel om die beeste in te hou,” het sy gesê en ook bevestig dat die beeste geen etikette aan hul ore gehad het nie. “Die volgende oggend toe ons verby ry, het ons wel gesien hoe hulle een van die beeste langs die pad slag,” het Van Rooyen gesê.

Volgens Joseph Ngala, munisipale woordvoerder, is waarskuwingsborde nie ‘n permanente oplossing nie. “Ons is besig met gesprekke met die DBV om vir hulle ‘n skutstatus vir plaasdiere te kry. Dit is ‘n permanente oplossing,” het Ngala gesê.

Een van die beeste wat deur die bakkie getref is.

Hy het bygevoeg dat hulle steeds gereeld met eienaars van beeste in gesprekke tree. Ludi Botha, visevoorsitter van die DBV het die geprekke bevestig.

“Ons is nog nie seker wanneer dit gaan gebeur nie, maar ons probeer intussen help waar ons kan.” Daar is onlangs ook beeste op die Kaapsehooppad gesien sowel as skape en bokke wat ‘n potensiële gevaar inhou.

LEES OOK: SPCAs with pound status a possible solution for stray cattle problem

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button