MBOMBELA – Hoërskool Bergvlam se nuwe hoofleiers en komiteevoorsitters is Maandag aan die leerlinge bekendgemaak.
Hoof, Deon Visser het die leerlinge gelukgewens na hulle deur adjunkhoof Jacques Krüger aangekondig is.
Die Vlamdraeroorhandiging het ook plaasgevind, waartydens die 2018-bestuurskomitee die vlam aan die 2019-bestuurskomitee oorhandig het.
Lees ook: Vlammies gaan bos in NKW
Ilanza van den Berg en Blessing Maisane is as die presidente aangewys. Sihle Shiba en Brandon van Zyl is die adjunkpresidente. Adriaan van Jaarsveld is die tesourier en Karlien Pienaar die sekretaresse.
Die voorsitters van die komitees is Aziza Yiyawia (akademie), Kayla de Almeida (bemarking), Gaby Mansfield (kultuur), Chylè Swanepoel (sosiaal) en Aliza Vermaas (sport).
Dit was voorwaar ‘n trotse Vlammie-oomblik en die skool het die nuwe leiers alle sterkte toegewens met hulle verantwoordelikhede.
