MBOMBELA – Hoërskool Nelspruit het verlede week hulle nuwe bestuurskomitee vir 2019 aangewys.
Reuben van der Merwe en Mia Schmidt is as die presidente van die bestuurskomitee en verteenwoordigende leerlingraad, oftewel klasleiers, aangekondig.
Suzanne Bothma en Neil Henning is hoof van akademie en bemarking, Jessica Berry en Christoph Mans van kultuur- en geestelike sake, Cherise van Duyker en Heini Pieters van sosiaal en Nicola Cronje en Jacques Vosloo van sport.
Vanjaar spog daar ook niks minder as drie tweelinge op die BK-span nie. Laurie en Victor Aitchison, Derek en Riané van der Merwe, en Mignon en Jeanne Joubert is saam op die BK.
Die ander lede is Bessie Breytenbach, Dané Bruwer, Danielle Combrink, Chanel Cronje, Mianke Engelbrecht, Lizamari Fuhri, Jessica Leicester, Margo Meyer, Zandri Potgieter, Mariska Taljaard, Nina Terblanche, Suné Vos, Cornel Broekman, Henco Dickens, Jaco Geldenhuys, Mathee Joubert, Japie Lubbe, Devon Nell, Tristan Parnell, Lourens Pëtersen, Gustav Smook, Chyle van Zyl en Maarten Venter.
Lees ook: Nuwe leiers neem die leisels
