NewsSchools

Vlammies gaan bos in NKW

Die leerlinge het gou agtergekom dat daar geen selfoonsein is nie en het ure lank om die kampvuur gekuier.

MBOMBELA – Veertien van Hoërskool Bergvlam se Ecoklublede het onlangs ‘n boskamp by die Sandrivier in die Nasionale Krugerwildtuin bygewoon.
Marius Ferreira en Rob McGowan, twee veldwagters, het hierdie tyd in die bos vir die leerlinge moontlik gemaak.
Hulle het begeleide staptogte in die park en wildbesigtiging onderneem, en kennis opgedoen oor spoorsny en die identifikasie van plante en diere.

Sanet Steyn, die skool se lewensweten-skaponderwyser en Pieter Wolmarans het die kinders op die uitstappie vergesel.

Die leerlinge het gou agtergekom dat daar geen selfoonsein is nie en het ure lank om die kampvuur gekuier.

Lees ook: Acacia Kleuterskool reis om die wêreld

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button