AdvertorialBusinessLocal newsNewsNews

BUCO – Waar verskeidenheid bymekaar kom

BUCO se produkte sal enige hardeware behoeftes vervul.

Ter viering van lentedag het BUCO Nelspruit weer gewys hoe divers hulle werklik is. deur Op 7 September het hulle hul eie lentedag vieringe gehou met uitstallings, demonstrasies en spesiale aanbiedinge wat regoor die perseel te sien was.

Pottie Potgieter in die nuwe dekorafdeling.

Volgens Pottie Potgieter, takbestuurder van BUCO Nelspruit, is hierdie winkel se hooffokus hardeware en kliënte diens. Hy sê hulle sal tot die uiterste gaan om ‘n kliënt se behoeftes te bevredig.

En moenie dink hierdie winkel is nét vir mans bedoel nie. Met ‘n nuwe dekor afdeling en verskeie doen-dit-jouself moontlikhede kan die dames ook gerus besoek kom aflê.

Volgens Potgieter beteken dit dat hulle nie net jou huis vir jou kan bou nie, maar jou ook help om dit in ‘n tuiste te omskep.

“Ons glo in gelukkige kliënte en ons wil graag ‘n groot glimlag op elkeen se gesig sien,” sê Potgieter en voeg dan by: “Ons wil graag hê hulle moet sien dat BUCO great is, want ons glo ons kliënte is great.”

Gaan besoek gerus hierdie winkel vir al jou hardeware benodighede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button