AdvertorialBusinessLocal newsNewsNews

Die vyf belangrikste reëls vir ‘n suksesvolle braai

Hier is vyf noodsaaklikhede wanneer dit by braai kom, verskaf deur die Laeveld Lekkerbekke.

Hierdie manne sê, om te verseker dat die beste braai stuk op die bord beland, moet die volgende vyf punte in gedagte gehou word:

Reël 1

Die kole moet van die regte gehalte wees, verkieslik ‘n goeie braaihout soos sekelbos of doringhout. Goeie gehalte wattelhoutkool en self brikette maak ook ‘n goeie konstante kolebed.

Reël 2

Bepaal die regte hoogte tussen die kole en die rooster. Die gehalte van jou braaier gaan nie die verskil maak nie. Vier bakstene en ‘n toeknyprooster kan net so goed werk.

Reël 3

Kies goeie vleis en snitte. Swak vleis en wors gaan nie beter word op die kole nie. Sny jou kotelette en biefstukke nooit te dun nie. Dikker snitte behou sy sap en absorbeer die geur van die vuur en rokende bedruipsel net soveel beter.

Reël 4

Weet watter hitte vir watter soort vleis reg is. Soos almal weet, vra ‘n mediumroubiefstuk warm kole – slegs buite om goed geseel en binne deurwarm. Jou gemarineerde plathoender vra meer tyd op koeler kole – en verkieslik vooraf eers ‘n halfuur in die oond halfgebak.

Reël 5

Bedien dadelik, want vleis wat staan word koud of droog uit. Veral met biefstuk is dit nou of nooit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button