AdvertorialBusinessLocal newsNewsNews

‘Nuwe’ Wildman met ope arms verwelkom

Wildman Nelspruit het op 1 November 2018 hulle deure heropen onder die twee nuwe eienaars, Nolan Naudé en Marnus Prinsloo.

Die winkel by Riverside Junction se drempel is al van 17:00 af deurgetrap deur hoopvolle geweer- en jagliefhebbers; almal met die oog op die laaste gelukkige trekking van die aand.

Carlo’s het gesorg dat die skare mense die koue kon afweer met heerlike gekook uit sy kombuis en die warm koffie (wat altyd byderhand is) het gesorg dat almal geduldig in die rye kon wag en die demonstrasies van Ross Forsyth van EMC Technologies en Rollestone Merl van Lite Optic kon geniet.

Van die gelukkige trekking se pryse wat deur die loop van die aand gewen is, sluit in: ‘n kollig, handsakke, ‘n biltongkerwer en geweermikstokke.

Die wenner van die jagwapen waarvoor klante reeds by die Mpumalanga Skou lootjies ingegooi het, was ook dié aand aangekondig: Konraad Wiehman.

Die 12 g haelgeweer is deur Marie Schoeman ingepalm met die laaste gelukkige trekking van die aand.

Volgens die eienaars het die ondersteuning van die publiek hulle verwagtinge oortref.

Die eienaars en personeel van Wildman Nelspruit wil graag die publiek bedank vir hulle ondersteuning die aand, en spreek die wens uit om almal sommer vinnig weer te sien.

Hulle sien uit om weer so ‘n lekker kuiergeleentheid vir hulle klante te reël.

[uses_iframe src=”https://www.google.com/maps/d/u/0/embed?mid=1sKjrse3lCiffM5T_6z1SXI6iJSmDD9Bk” width=”640″ height=”480″]

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button