NewsSchools

Laerskool se uitblinkers by spoggeleentheid vereer

Laerskool Nelspruit het verlede week met sy leerders wat in 2018 in akademie en sport uitgeblink het, gespog.

Laerskool Nelspruit het verlede week met sy leerders wat in 2018 in akademie en sport uitgeblink het, gespog.
Die merietetoekennings is by die skool uitgedeel tydens ‘n seremonie met die indrukwekkende tema van “The Greatest Showman”.

Hoof Arrie Henn was geklee in die hoofkarakter van die film se pak en het van voor gelei om die leerders vir hul harde werk en toewyding te beloon.

Lees ook:FOTO’S: Nellies se gr.1’s slaggereed vir 2018

Tydens die seniors se glansgeleentheid op 5 Desember is Kaylee Ferreira as die duxleerling aangewys. Lize Oosthuizen was die ontvanger van die hoof se toekenning.

Hierdie toekenning word deur die hoof self gemaak aan ‘n leerling wat in akademie, sport en diensbaarheid sowel as goeie maniere, gedrag en hulpvaardigheid uitblink.

Die diensraad vir 2019 is ook verlede week aangewys. Zoe Scheepers en Jean Arno Cilliers is die nuwe voorsitters. Mienke de Ruiter en Christian Smith is die ondervoorsitters van kultuur en Tanya Pieters en De Wet Erasmus dié van sport.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bridget Mpande

Bridget Mpande is the editor assistant for Mpumalanga News and Lowvelder Express. She joined Lowveld Media in 2014 and covers several beats in the newsroom. She is a mentor and believes there is no community newspaper without the community.
Back to top button